AFRIKAANSE GRAPPIE!!! (brocolli)


Details
Joke ID#8426
Funny (1.26)
Rating (0.79)
CategoryOther / Misc  
Submitted BySatanAngel
Special Add To My Favorites

Rate Joke
(70 votes so far)

If you become a registered user you can vote on this joke.



Nicholaas (toe 4) het by sy ouma gaan kuier, en ouma het dit goed gedink om hom bietjie groentes te leer eet wat sy ma nie graag gaar maak nie.

Die spesifieke dag is broccoli aan die beurt, en ouma versin die oulikste stories oor die boompies wat hy gaan proe.

Hy begin ewe entosiasties aan die eerste een eet, maar ouma sien hy kou al stadiger en kry so veraf trek in sy ogies.
"Ouma," roep hy toe sy ouma wat intussen in die spens verdwyn het, "kom kyk hier!" Die mannetjie beduie toe na sy bord waar hy die laaste "boompie" staan gemaak het, mooi vasgedruk in die middel van die rys.

"Kyk net, hierdie is die Paradys, en daardie boom is die boom waarvan God gesê het ons mag nie eet nie!"



Username: Password:

New Users...      Forgot Password?